Alison Jordaan
Cradock Hoerskool
Tuisdorp
Cradock
Skool
Cradock Hoerskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok het ons gekies om verskillende style bymekaar te sit en dan te besluit wat by my pas. Ek is nie baie lank nie, so ek het 'n styl gekies wat ek langer sou vertoon. So tussen ek en my ma het ons op die ontwerp gekies. Lindi du Plooy van Cradock het ons visie na vore gebring met baie liefde en moeite.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My ma is altyd my inspirasie. Sy sal seker altyd my mode ikoon wees. Sy se altyd 'n vrou moet elegant en vroulik lyk. Wees altyd stylvol en uniek maar bring jou persoonlikheid na vore.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My Matriekafskeidrok beklemtoon wie ek is, ek wil uniek wees maar altyd voorkom as elegant en tydloos. Dit stel voor net wat ek is ek is baie gefokus en strewe om suksesvol te wees in alles wat ek aanpak. Met die bostuk kan ek elegant en grasieus lyk. Dan kan ek ook hierdie sprakelende 'fun' mens wees wat almal op die dansvloer kry. So die onderste rok wys weer hierdie kant van my.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Hoogtepunt vir my was toe ek die bostuk van die rok afhaal en niemand dit verwag. Die komplimente het my aand gemaak en ek het letterlik 'n volledige ander voorkoms gehad. Hare los gemaak en gesprankel! Die lig het heel aand so mooi op my rok geval, prentjie mooi!
Planne vir na matriek
Ek wil 'n graad in BCom Bemarking voltooi.
Gunsteling woord in Afrikaans
Samesyn
Datum van matriekafskeid
2025-03-26