Alicia Scholtz
Hoerskool Dinamika
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Sielsrus
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het met 'n paar idees gespeel. My ma het 'n "two-tone" idee gehad, maar ek is 'n plain Jane - lol! Sy het vir my gese ek het net 2 werklike groot aandrok geleenthede - matriek afskeid en my troudag. Daarom moes ek tog net 'n bietjie "bling" in my rok he. Iewers het ek die idee gekry van 'n metaal grys kleur met my blou oe...
Ons het gedink om die rok te laat maak en soos vele ander jong meisies rokke begin aanpas. By Coco Belle kon ons 4 rokke kies. Almal was pragtig! Die verkoopsdame het gese dat daar 'n spesiefieke rok was wat sy wou he ek moes aanpas sodra ons klaar was met ons keuses. So stap ek in 'n champagne rok met "bling" van kop tot toon uit die aantrek kamer uit. Ek het voor die spieel gaan staan en my mond het oopgehang :). Ek en my ma het vir mekaar gekyk en geweet dat hierdie my rok was. Die kleur, die tydlose styl, hoe die rok aan my gesit het... Dis was perfek!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriek afskeid het met 'n bitter-sweet gekom. My pa is in Maart 2023 onverwags oorlede aan 'n hartaanval ...
Ek is geseend om 'n baie noue verhouding met my ma te he. Sy is my ma, maar sy is ook my beste vriendin en daarvoor is ek so dankbaar. Ons het geweet my groot dag sonder hom gaan moeilik wees ... en een van hierdie dae is juis my matriekafskeid waarna ek al so lank uitsien.
Dus, daar is ook 'n ander kant aan my rok en dis vir my pa.... My ma se: "Pappa se plain Jane / visvang nooi / neus-in-die-boeke dogter gaan op haar mooi dag 'n groot glimlag op sy mooi blas gesig sit. Daar was natuurlik groot trane die dag voor die matriekafkeid, maar met ons Vader se genade was die dag self, 'n mooi en onvergeetlike een. Die rok se kleur het hom in die Hemel verteenwoordig.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03