Alicia Goosen

HTS Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het na Wedding Bells in Witbank gegaan om ń paar rokke aan te pas en te kyk of hulle iets het wat by my en my 'pinterest board' sal pas. Na ń paar rokke het ek dié een aangepas en ek het dadelik JA gesê. Die kleur, sequence en die oop rug het my dadelik oortuig. Die rok het geen 'slit' gehad nie, maar Wedding Bells het ingestem om vir my een in die rok te ontwerp vir daai elegante styl.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HTS Middelburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou ń elegante en eenvoudige rok hê. My rok moes ook ń oop of unieke ontwerp by my rug hê, dit was vir my ń 'deal-breaker'. Ek het ń paar idees op pinterest gekry en besluit dis hoe ek my rok wil hê. Voor ek ń rok ontwerp het, het ek eers ń paar rokke gaan aanpas by Wedding Bells in Witbank om seker te maak oor die kleur en styl van my rok. Dié rok was een van Wedding Bells se eie ontwerpe en toe ek hom aanpas, het ek dadelik geweet 'dis die een'!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief my oop rug! En natuurlik die 'hourglass-shape' wat die rok om my lyf gevorm het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media