Alicia Broodryk

Alicia Broodryk Alicia Broodryk Alicia Broodryk

Ouderdom

18 Jaar Oud

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Die Hoërskool Wonderboom Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleintyd af het ek gedroom oor my matriekafskeid, en ek het nog altyd geweet dat ek ’n rooi rok wou hê. Ek wou iets hê wat uniek is en wat niemand anders al ooit gehad het nie, daarom het ek besluit om my eie rok te ontwerp. Ek wou die gevoel van ’n groot prinsesrok hê, maar ook die elegante voorkoms van ’n slanke rok, en daarom het ek die twee style in een rok gekombineer. Ek wou hê elke detail moes deel wees van my eie visie en persoonlikheid. Toe ek die rok vir die eerste keer volledig aantrek en alles bymekaar sien, het dit gevoel soos ’n droom wat waar word. Om te weet dat my ouma elke detail self gemaak het, het dit vir my nog meer spesiaal gemaak.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media