Alexis Rheeder

Hoërskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My prinses geïnspireerde rok is n sagte middernag blou kleur met pof gaas moue gedetalieer met donker blou pêrels en is afgerond met fyn satyn blomme. My rok is 'n "ball-gown" styl rok en die material blink in die son en gee die effek van 'n middernagtelike hemel. My rok beeld my persoonlikheid perfek uit en pas in by my vroulike klassieke prinses tema wat ek wou weerspieël het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Nelspruit

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd 'n droom gehad van die perfekte rok en ek wou iets ontwerp het wat uniek en klassiek is. Ek wou soos 'n prinses gevoel het in die rok en dit was wonderlik om te sien hoe tannie Christa Verwey , van Nelspruit , my droom in 'n realiteit omskep.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel is definitief die pof gaas moue en die manier hoe die rok my laat voel, beeldskoon en uniek. Die rok pas perfek by my haarstyl en die klassieke , tydlose en elegante voorkoms wat ek van gedroom het

Datum van matriekafskeid?

2023-07-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media