Alexia Grobler
Waterkloof Hoërskool
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Waterkloof Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok by Bride&Co gekoop. Dit was glad nie beplan nie, ek en my ma het ingeloop vir n ander doel, en toe sien ek dié rok en ek het verlief geraak! Dit was my droom rok.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Cinderella! Al het ek nie my rok self ontwerp nie, dit was n Cinderella rok. Middernag blou wat in drome sweef, met silwer sterre en blink skoene. Dit was my droom! Ek is n ballerina ook, en een van my eerste ballet optredes wat ek ooit gesien het, was Cinderella, en ek wou nog altyd in haar skoene loop.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is vir my meer as net n droom. Dit is bewyse van my gesin se liefde en teenwoordigheid. Ons het nie eintlik die finansies gehad om so rok te bekostig nie, maar al my oumas en oupas het saam gekom, selfs my pa het geld gestuur, en toe kon ek my rok kry.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My matriekafskeid was hoogtepunt op hoogtepunt! Maar ek sal se die dans saam my mense. Ek het onlangs meer as helfde van my vriendekring verloor, en die mense wat saam met my gegaan het daai aand, is die mense wat saam met my gebly het deur dit. Ek onthou, ek het met hulle gedans, gelag, en gesels, en ek was gelukkig. Hulle was almal stunning onder die kleurvolle ligte, en alles het soos n droom gevoel. Dit was magical.
Planne vir na matriek
Ek gaan onderwys swat by Aros, en hoopelik vir laerskool kiddos klas gee! Deel van my planne is ook om my lewe te leef, hoërskool was lekker, maar my lewe begin nou!
Gunsteling woord in Afrikaans
Rerig
Datum van matriekafskeid
2025-10-02