Alethea Visser

Transvalia Hoërskool

Tuisdorp

Vanderbijlpark

Skool

Transvalia Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Marie Dreyer

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets dra wat selfvertroue en krag uitstraal, ’n rok wat opvallend is, maar steeds stylvol en elegant bly. My inspirasie was ’n kombinasie van moderne rooitapyt en ’n tikkie gewaagde styl. Ek wou hê die rok moes uitstaan en my persoonlikheid weerspieël. Die rooi wat ek gekies het simboliseer passie en selfvertroue, dit herinner my daaraan om altyd met trots en energie in die lewe in te stap. My Rok is geïnspireer deur selfvertroue, styl en ’n bietjie vuur

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok verteenwoordig vir my selfvertroue en vroulikheid. Dit herinner my daaraan dat ek sterk en uniek is – dat ek mag uitstaan sonder om verskoning te vra daarvoor.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om uiteindelik dié aand te beleef waarna ek al jare lank uitgesien het. Die atmosfeer was ongelooflik, die musiek en almal wat so elegant en stylvol gelyk het, het die aand werklik onvergeetlik gemaak. Dit was besonders om saam met my vriende te kuier, heerlik te gesels en die spesiale optrede van die sanger wat gereël was te geniet. ’n Aand vol glans, herinneringe en betekenis.

Planne vir na matriek

Na matriek sien ek baie uit na die volgende hoofstuk van my lewe. Ek het die ongelooflike voorreg om deur World Wide Scholarship raakgesien te word, en die geleentheid gekry om in Amerika te gaan studeer en terselfdertyd my sportdrome verder te volg. Atletiek is my passie – veral verspring – en my grootste droom is om eendag vir Junior Worlds Athletics te kwalifiseer en my land met trots te verteenwoordig. Ek weet dit gaan harde werk en deursettingsvermoë verg, maar ek glo dat wanneer jy met hart en toewyding werk aan dit waarvoor jy lief is, niks buite bereik is nie. Ek is dankbaar vir almal wat my op hierdie pad ondersteun het – my ouers, afrigters, vriende en skool – sonder julle sou ek nie hier gewees het nie. Hierdie is net die begin van ’n nuwe avontuur, en ek sien uit om elke tree met geloof, passie en trots te stap.”

Gunsteling woord in Afrikaans

My gunsteling Afrikaanse woord is ‘drome’. Dit herinner my daaraan dat niks te groot is om te bereik nie. Drome hou jou hoop lewendig, gee rigting aan jou toekoms, en motiveer jou om aan te hou Glo.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media