Alba Lambinon

Alba Lambinon Alba Lambinon Alba Lambinon

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het ure se navorsing gedoen en deur talle verskillende rokstyle geblaai, maar ek het van die begin af geweet dat ek ’n A-lynrok wou hê. Met dit in gedagte, het ek besluit dat ek veral hou van ’n vroulike neklyn, asook ’n oop rug. Die oorspronklike ontwerp het egter ’n toe rug gehad, aangesien ons aanvanklik geen idee gehad het hoe om die rok aan die bokant stewig genoeg te kry nie.

Dit is toe dat ek met die idee van ’n string pêrels vorendag gekom het. Dit het presies die regte hoeveelheid detail bygevoeg sonder om die eenvoudigheid en elegansie van die rok weg te neem.

Een van my vorige au pairs het onlangs getrou en tydens haar troue ’n rok gedra met ’n reguit stuk materiaal wat elegant om haar arms geval het. Ek het dadelik verlief geraak op die detail en vir my ma gesê dat ons dit beslis by my rok moes insluit.

Ná talle aanpassings, byvoegings en weglatings het ons uiteindelik by my droomrok uitgekom. Elke klein detail het perfek bymekaargekom. As iemand wat eintlik selde rokke dra, het ek vir die eerste keer regtig soos ’n model gevoel. Die lengte en sleep van die rok was perfek, en die pêrels was presies soos ek dit nog altyd in my drome voorgestel het. Dit was alles waarvoor ek gehoop het en soveel meer!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media