Adriné von Wielligh

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Na 'n avontuurlustige soektog vir die perfekte rok het ek dié een aangepas en ek het soos n Hollywood ster gevoel! Hierdie rok het my soos 'n handskoen gepas. Asof dit net spesiaal vir my gemaak was. Dit was absoluut my droom rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die droom was minimalisties maar verseker 'n showstopper van n rok. Ek het gehou van die sagte lap wat my lyf komplementeer en dan natuurlik die krale werk aan die voorken aan die agterkant, wat definitief my sprankelende persoonlikheid laat uitkom het. Met rooi lippe en sagte krulle saam met hierdie gemaklike rok kon ek myself uitleef op die dansvloer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die kralewerk aan die voor en agterkant. Dit het definitief die rok laat uitstaan en het geskitter onder die ligte van die dansvloer.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media