Adrianne Coetzee

Dinamika Hoërskool

Tuisdorp

Eden Park, Alberton

Skool

Dinamika Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

N jare lange familie vriendin van my ouma. Tabita Malgas

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die oorspronklike inspirasie het begin met 'n prentjie op Pinterest, maar soos die ontwerp ontwikkel het, het dit al hoe meer my eie geword. 'n Unieke weerspieëling van my persoonlike styl en visie. Ek het sleutelkenmerke behou, soos die diep halslyn halslyn en oop rug, maar elke fyner kenmerk is met sorg aangepas om my individualiteit te beklemtoon.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekrok was 'n droom wat tot lewe gekom het. 'n Ysige baba blou meesterstuk versier met fyn silwer kristalborduurwerk en delikate patrone wat in die lig geflits het soos sterre op 'n wintersnag. Die rok het 'n elegante, diep halslyn gehad en 'n dramatiese lae rug wat 'n tikkie waagmoed en sofistikasie uitstraal. Wat my rok werklik spesiaal gemaak het, was die betowerende kleur, die glinsterende afwerking en die verfynde besonderhede wat dit laat uitstaan het. Dit het nie net my liggaamsvorm perfek beklemtoon nie, maar ook my veltoon laat straal. 'n Rok wat nie net gedra is nie, maar gevoel is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Beslis dat ek soos n prinses gevoel het. Vanaf die hare, grimering, skoene die rok, juwele en als. Dan natuurlik dat ek dit met my familie kon deel

Planne vir na matriek

As alles goed verloop gaan ek universiteit toe om Argitektuur of Design te studeer

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media