Adioletté du Bruyn

Hoërskool Die Wilgers

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok se kleur is ‘n kombinasie van verskillende blou en groen skakerings. Vir my het elke laag van my rok ‘n dieper betekenis verteenwoordig. Die 8 lae van rok verteenwoordig my as individu: Diepte , vertroue, lojaliteit, opregtheid, wysheid, selfverroue, stabiliteit en Genade. Die blou kombinasie is ook ‘n teken van kalmte wat my persoonlikheid weerspiel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As klein dogtertjie moes ek my pa aan die dood afstaan. Eerste- en laaste skooldag met hom in my gedagtes. My grooste inspirasie vir my matriekafskeid was om hom trots te maak. Elke oomblik van my matriekafskeid het ek soos n prinses gevoel, want dit was wat ek in sy oë was… Sy prinses.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is die kombinasie van'n klasieke styl rok, met baie detail op die bostuk wat my lewe weerspiel, gekombineer met gemak.(Het jy my skoene gesien!!) Met hierdie in gedagte, het ek skoene gekies wat my personlikheid beklemtoon, dus 'n gemaklike skoen met n baie persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media