Adeshka Groenewald
Hoërskool Bellville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Boeretroos
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Aanvanklik wou ek die ikoniese blou Cinderella sprokies rok gehad het. Met die aanpassing van verskeie fantasieryke en dromerige blou rokke was al hierdie rokke ongelooflik mooi, maar dit was wel nie 'my' mooi nie. Tannie Jen, eienaar van Bellisimo Dresses, het aanbeveel dat ek hierdie "dusty pink" rok sy kans gee - ek was dadelik verlief!
Tannie Jen het werklik die pienk Cinderella binne my na vore gebring.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok is nie net vir my 'n droom wat ek kon dra nie, maar 'n ware uitbeelding van die fase van my lewe waarin ek tans is. Elegant genoeg om 'n jong dame te verteenwoordig wat die grootmens wêreld binnetree, maar sag genoeg om die klein dogtertjie binne my se lig uit te straal. Pienk was nog altyd vir my 'n kleur wat die ware sagtheid van vrou wees verteenwoordig en ek is baie dankbaar dat my rok dit kon uitbeeld.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-18