Adele du Plessis

HTS Middelburg

Tuisdorp

Middelburg

Skool

HTS Middelburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ontwerp en gemaak deur- Elsie Bezuidenhout LC ExclusiveBespoke Design & SewingPretoria

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is geïnspireer deur Natasha Joubert se pragtige uitredetrokkie van Mej. Suid-Afrika 2024. Haar elegansie, selfvertroue en grasie het my diep geïnspireer, en ek wou daardie selfde gevoel van krag en vroulikheid weerspieël. Ek het haar as ’n ware inspirasie gesien – iemand wat styl en innerlike skoonheid met trots dra – en daarom het ek gekies om my rok op haar ikoniese voorkoms te baseer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie ongelooflike mooi rok beteken vir my baie meer as net ’n kledingstuk – dit dra herinneringe, liefde en trots. Toe ek hom aantrek, het ek werklik soos ’n prinses gevoel, vol selfvertroue en geluk. Die proses om hom saam met my ma te maak was een van die spesiaalste ervarings van my lewe. Elke steek, elke keuse van materiaal en elke aanpassing het ons nader aan mekaar gebring. Dit was nie net die skep van ’n rok nie, maar die skep van ’n kosbare herinnering wat ek vir altyd in my hart sal dra.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was sonder twyfel die oomblik toe ek ingestap het. Dit was ’n gevoel wat ek moeilik in woorde kan beskryf – ’n mengsel van opwinding, trots en oorweldigende geluk wat ’n stralende glimlag op my gesig geplaas het. Om die reaksies van almal te sien toe hulle my rok opmerk, was ’n droom wat waar geword het; my eie spesiale oomblik waarna ek nog van kleins af uitgesien het. Dit was ewe besonders om al my vriende in die onthaalarea te sien, elkeen in hul pragtige rokke, en saam daardie besef te deel: ons het dit uiteindelik gemaak. Daardie gevoel van trots en vervulling sal ek nooit vergeet nie.

Planne vir na matriek

Na matriek het ek aansoek gedoen om ’n radiografis te word en ek het voorlopige keuring gekry, wat vir my ’n groot eer was. Soos die jaar egter gevorder het, het ek begin twyfel of dit werklik die pad is wat ek moet volg. Ek bevind my nou in ’n tyd van selfontdekking, waar ek probeer uitvind wat my ware roeping is en watter loopbaan my die meeste vervulling sal bring. Al is ek nog onseker oor my volgende stap, glo ek vas dat daar reeds ’n perfekte plan vir my lewe uitgelê is, en dat alles op die regte tyd in plek sal val.

Gunsteling woord in Afrikaans

flaterwater

Datum van matriekafskeid

02/10/2025

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media