Abigail van der Merwe

Hoerskool Eldoraigne

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is mal oor mode en toe ek die die Versace pienk “red carpet” rok sien by die oscars, het ek verlief geraak daarop en moes dit as my ontwerpinspirasie vir die matriekafskeid kies. Hierdie spesifieke rok beeld alles uit waaroor ek, al so lank oor droom. Dit is 'n viering van my hoërskoolreis en vooruitgang tot 'n nuwe hoofstuk van my lewe. Die rok straal 'n gevoel uit van glans en sofistikasie wat my persoonlikheid weerspieel. Die pienk en elegante, dog gewaagde, ontwerp weerspieël my eie aspirasies en die selfvertroue wat ek tydens my hoërskooljare opgedoen het,. Ek het soos 'n ster gevoel op die matriekafskeid rooi tapyt.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Eldoraigne

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Versace se innoverende ontwerpe het my nog altyd bekoor, en toe dit by die keuse van ’n ontwerp vir my rok gekom het, kon ek nie anders as om inspirasie uit hierdie ikoniese modehuis te put nie. Versace se gebruik van luukse materiale, ingewikkelde detail en 'n unieke benadering tot kleur- en patroonkombinasies het gespreek tot my begeerte om uit te staan en 'n stelling te maak. Ek wou klassieke elegansie met tikkies moderne elemente kombineer. Dit het bygedra tot my visie vir 'n unieke en onvergeetlike rok. Ek het soos 'n ware mode-ikoon op hierdie spesiale geleentheid te voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek LOVE pienk al van ek n klein dogtertjie is en natuurlik was dit my eerste keuse vir my rok. Die sagte italiaanse tuille en die spleet was my gunsteling en dit het my rok omskep in n "show stopper"

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media