Abigail Taylor

Rietondale High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het n hartvormige bandjielose smarraggroen rok verkies wat die sagte rondings van my skouers en figuur beklemtoon. Die eenvoudige goudkleurige omboorsel het die perekte afronding gegee. Die toeryg- rugkant was prakties en ook interresante detail. Die lang spleet het gesorg vir die kyk-weer oomblikke en my selfvertrou uitgebeeld. Die materiaal was vloeiend, sag, vroulik en spranklik. Die rok moes soos n handskoen pas maar steeds toelaat om maklik te kan beweeg. Die rok het al my verwagtinge oortref.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Rietondale High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is die 2023 weergawe van my Ma se matriekafskeidrok. Ek was bevoorreg dat sy my rok self kon maak, nes my ouma hare gemaak het in1994. Ons het die patroon aangepas om my persoonlikheid te pas. Ons het daarin geslaag om a stukkie tyd vas te vang wat dalk vergete kon raak. Ek het pragtig gevoel. Dis eens in n leeftyd rok en die beste besluit ooit

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok was uniek en my sprankelike persoonlikheid uitgebeeld as ook my selfvertroue. Die glans van die rok met die fyn detail was ongelooflik. Die spleet was die perfekte lengte en posisie en het my mooi bene vertoon.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media