Abigail O’Brien
Hoërskool Fochville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
"Snuffelkat"
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok het gekom van iets wat vir my vroulik, elegant en terselfdertyd oulik voel, soos ’n moderne en unieke prinsesrok.
Toe ek die kleur en glans sien, het dit my laat dink aan ’n prinses uit ’n sprokie wat selfvertroue en styl uitstraal. Ek wou iets hê wat uitstaan, maar steeds sag en grasieus is. Die groen-blou kleur herinner my aan natuur en vrede, en die glitter laat my voel asof ek skyn wanneer ek beweeg.
Die oop rug met die strik gee dit ’n unieke en speelse voorkoms, terwyl die spleet aan die kant dit ’n bietjie meer modern en selfversekerd maak. Ek wou hê my rok moes wys wie ek is iemand wat vroulik, dromerig en stylvol is, maar ook met ’n bietjie van ’n prinses-hart.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok, beteken vir my baie meer as net ’n rok vir een aand. Toe ek die finale produk sien van my rok, het ek geweet dit is iets besonders. Die sagte glans, die kleur en die vloeiende styl het my dadelik laat dink aan ’n vroulike, sagte en prinsesagtige gevoel, iets wat elegant is, maar steeds jong en vol drome.
Die rok is geïnspireer deur die idee van mooi wees op jou eie manier. Vir my gaan dit nie oor om perfek te wees nie, maar om myself te wees — met my eie styl, my eie storie en my eie lig. Die manier waarop die materiaal glinster, herinner my daaraan dat elke mens kan skyn, selfs al is ons nie perfek nie. Ons almal het iets uniek en mooi binne ons.
Die strikkie agter op die rok beteken vir my baiee. Dit wys nog iets van my onskuld en sagte kant, ’n herinnering dat ek steeds die jong meisie is wat drome het, maar nou besig is om groot te word. Dit bring balans tussen vroulikheid en eenvoud, tussen selfvertroue en sagtheid.
Wanneer ek my rok aantrek, voel ek trots, gelukkig en dankbaar. Dis asof die rok vir my sê: Jy hoef nie perfek te wees om mooi te wees nie...wees net jy.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02