Abigail Crathorne

Curro Durbanville Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is spesiaal ontwerp deur 'n bekende mode-ontwerper. Dit het 'n styfpassende snit, klassieke kleure van swart en donkergrys ondertoon op 'n neutrale onderlaag. Die rok is afgerond met lae kant en indrukwekkende kralewerk. Die eindproduk is 'n kunswerk wat uit verskillende teksture bestaan.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het altyd gevisualiseer dat my matriekafskeidrok oorwegend swart sal wees. Die rok pas by my persoonlikheid en skep die illusie van misterie. Tog is die styl elegant en tydloos.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die bolyf asook die rugkant. Die gedetailleerde kralewerk lyk soos tak motiewe wat 'n eenheid met my vel vorm. Die swart is kontrasterend met my porselein gelaatskleur - en dit was 'n treffende prentjie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media