Ek wou mense verras het met my rok. Iets doen wat my vriende nie sou verwag het nie, daarom het ek besluit op die hot pink kleur. Ek het nog altyd gehou van hoe valle lyk ( ek koppel dit met die spaanse kultuur wat uiters uniek vir my is ) en wou dit graag deel gehad het van my rok. Die kralletjies wat my rok bedek het het my laat voel soos lente. Ek wou gemaklik wees in my rok, ek wou my rok dra en voel soos myself.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit simboliseer die einde van my hoërskool loopbaan en die begin van my grootmens lewe.