Abigael Barnard

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die Fynkuns rok bestaan uit ‘n veelvoudige drie stuk met ‘n pragtige lang omvou romp wat die verassende korter rokkie onder bedek het. Asook bande wat in oor die 30 verskillende maniere gedra kan word. Die deftige vroulike "Donna Rosa" korset het uit veelkleurige blomme bestaan wat die helder oranje-mostert komplimenteer. Met ‘n besonderse "Bolero" baadjie wat ons my 'vlerkies' vir die aand genoem het. Silver Swallow Design as ontwerp keuse was my eerste liefde vanaf my skool se mode parade.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My mamma se trourok wat my ouma gemaak het is een van hulle. Ek wou graag ‘n kort rokkie onder die romp gehad het, net soos haar rok. My hoof inspirasie was eintlik ‘n “collage” van spoeg en plak met die doel om soos die kuns wat ek maak te lyk. Die blomme op die korset is presies soos die collage wat ek gemaak het en ek het geweet ek wou ‘n aparte korset en romp hê. Dit was eintlik ‘n wonderwerk dat ons die presiese rok wat ek wou gehad het, reeds gemaak kon kry.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is ‘n baie kreatiewe mens en die feit dat my “Dailily” rok heeltyd kon verander, het my ook deel van die skeppings proses gemaak. Elke keer wat ek badkamer toe gegaan het kon ek my rok verander na strikkies, ‘n halternek of na ‘n asimetriese neklyn toe. Die klimaks van my rok was toe almal die op die dansvloer die sleep van hul rokke moes optel en ek skielik met ń kort rokkie uitstap. Ek kon baljaar soos ń kind, juis omdat ek nie benoud was dat iets sou skeur of dat iemand op my romp trap nie. Die korset toppie was ook apart, wat ek toe met ‘n denim kon dra vir post-matriekafskeid makietie! Praktiese flair is altyd ‘n gunsteling.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media