Abbigail Basson

Hoerskool Kemptonpark

Tuisdorp

Boksburg

Skool

Hoerskool Kemptonpark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is Indies geinspireer met n tikkie Suid-Afrikaanse inspirasie . ,Sareeka , n Pakistaniese Ontwerperontwerp het die rok ontwerp en gemaak. . Die borduurwerk is grootendeels met die hand gedoen. . Die rok is deur my Ouma Karin ingevoer. Hare en grimering is deur haar ma Natasya Basson .

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My kleindogter het genoem dat sy mal is oor die rok wat Jennifer Aniston in die fliek Murder Mystery na n Indiese troue gedra het. Ouma het begin navorsing doen en uitgevind die rok word n Lehenga Choli genoem. Met haar rooikkoppie was die oester kleurige rok wat ryklik geborduur is met n pou, en is die Suid-Afrikaanse inspirasie. Die pou patroon is ook op die appelkoos dupatta/ chunni herhaal .

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

n Droom om iets spesiaal en uniek te dra. Ouma se hele hart is in hierdie rok omdat sy haar droom in haar kleindogter kon uitleef om eendag in jou lewe spesiaal te voel. Abbigail het haar matriekafskeid met elagnsie en styl en in waarklike aristokrastiese grasie uitgebeeld. Haar gessigie het werklik geblom ... sy was gemaklik in haar eie vel en het lewenslus uitgestraal sonder enige aansitterigheid of pretensie- onbewus van haar natuurlike skoonheid .

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Vir ouma was dit die strallende gesiggie. Vir Abby haar vriendinne wat almal ge"wow"het en gese het dat hulle wens hulle het haar rok gehad (Die rok is tot op die einde n geheim gehou)

Planne vir na matriek

Abby wil graag n Yachting kursus voltooi en op luukse seiljagte gaan werk.

Gunsteling woord in Afrikaans

onderonsie

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media