Nelmari Taljaard
Ouderdom
18
Tuisdorp
Dealesville
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Sentraal, Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Aan die begin het ek geen idee gehad wat my inspirasie agter my rok sou wees nie , maar toe besef ek my rok moet geïnspireer word deur my liefde vir rooi, want ek glo al van kleins af: hoe rooier, hoe mooier.
Die rooi simboliseer passie, liefde, selfvertroue en die moed om uit te staan.
Die sagte, vloeiende lae van die rok simboliseer die verskillende hoofstukke van my lewe. Elke laag verteenwoordig ’n herinnering, ’n uitdaging, ’n droom en ’n les wat my gevorm het. Soos die rok se lae saamvloei, het al my ervarings saamgewerk om my te maak wie ek vandag is.
