MIANDI WITTSTOCK

MIANDI WITTSTOCK MIANDI WITTSTOCK MIANDI WITTSTOCK

Ouderdom

18 JAAR

Tuisdorp

OOS-LONDEN

Skool en dorp/stad van skool

OOSKUS GIMNASIUM, OOS-LONDEN

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok het op ’n ongewone manier ontstaan. Ek is baie lief vir proteas, en nadat ek eenkeer ’n protea onderstebo gedraai het, het ek besef hoeveel die vorm daarvan my aan 'n rok met 'n prinsesstyl romp laat dink en hoe mooi dit sal lyk as jy 'n rok sò sou maak. ’n Soortgelyke ontwerp deur Christian Dior het later gehelp om my visie tot lewe te bring en die idee verder te verfyn. Maar ek is 'n danser/ballerina in murg en been, en daarom moes ek met my rok kon dans sonder enige beperkinge. Dit het my die idee gegee om 'n kort dansrompie onder die protea-romp te dra, sodat ek die groot swaar romp kon uittrek wanneer ek die dansvloer wou aandurf. Uiteindelik het hierdie idees my inspirasie geword vir my purperblom rok.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media