Sonja Van Der Merwe
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool en dorp/stad van skool
Jim Fouché Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
"Ek wou ń unieke kunswerk skep wat saamsmelt met die sagtheid en vorms van die natuur. Die idee dat die ryk tekstuur van die pêrels en blinkertjies die oggenddou op blare moet namaak wanneer die lig daarop val. Die sagte, golwende ruffles van die stert boots die natuurlike lyne van blomblare na - wat pragtig saamsgesmelt het met die inheemse protea-ruiker wat ek gekies het. Om die rok van nuuts af te laat maak, het my die geleentheid gegee om my visie van ń moderne 'bosprinses' lewend te maak. En dit het my op my aller-selfversekerdste laat voel"
