Mia Botha

Mia Botha Mia Botha Mia Botha

Ouderdom

18

Tuisdorp

Robertson

Skool en dorp/stad van skool

Robertson

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou uitstaan. Ek wou 'n rok gehad het wat my laat uitstaan van die ander, dus het ek baie min inspirasie gevat van rokke wat reeds bestaan het. Ek het die materiaal winkel met n open mind ingegaan, in die hoop dat ek sal weet wat ek wil hê wanneer ek dit sien. In alle eerlikheid het ek die blomme laag van die lap as 'n grap opgetel, maar hoe meer ek daarna gekyk het, het ek besef dat hierdie my materiaal is.
Hierdie rok het beter uitgedraai as wat ek ooit gedink het. Die unieke pers is geskep deur drie verskillende materiaal lae oor mekaar en so is die diep romantiese gevoel geskep. Die 3D blomme op my rug en op my bors is ook n voorstelling van wat die matriek afskeid vir my beteken, 'n nuwe hoofstuk in my lewe. Ek het al honderde ander matriekafskeid rokke gesien en ek sal steeds my unieke rok bo alles anders kies.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media