Anika Kotze

Anika Kotze Anika Kotze Anika Kotze

Ouderdom

18

Tuisdorp

Windhoek, Namibia

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Gimnasium Paarl, Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was om iets te dra wat tegelykertyd betowerend en tydloos sou voel. ’n Moderne sprokie wat deur couture tot lewe gebring word deur vir oulaas soos n regte prinses te voel.
Tot my verbasing was ek baie aangetrokke tot die warmte en rykheid van antieke goud-, kopper- en sjampanjetone. Daarom het ons wegbeweeg van die meer konvensionele benadering tot matriekafskeid-glans en Stephen het eerder iets meer organies, romanties en ekspressief geskep.

Die idee was om ’n gevoel van beweging en ligtheid deur die vloeiende lae organza en tulle te skep, in kontras met die pragtig gevormde bostuk en die ingewikkelde sonstraal-kralewerk.

Die sonstraalmotief het ’n belangrike ontwerpelement geword wat uitstraling en vroulikheid simboliseer, terwyl die lywige romp ’n speelse, byna droomagtige karakter aan die silhoeët verleen.
Ek moes voel asof ek in my eie sprokie binnestap. 'n Rok wat dramaties en besonders is, maar terselfdertyd elegant, gesofistikeerd en heeltemal my eie en eg aan die Stephen Van Eeden leuse of slagspreek - 'Ons maak nie rokke nie, ons skep drome!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media