Danica van Hulst
Ouderdom
18
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Transvalia Vanderbijlpark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was om iets te kies wat elegant, sprankelend en opvallend is. Ek hou nog altyd van enige iets wat blink. Soos hulle sê, diamante is 'n meisie se beste vriendin! So toe dit tyd gekom het om 'n matriekafskeidrok te kies, het ek geweet ek gaan presies dit doen: Diamante orals hê! Ek wou graag die WOW-faktor hê, maar terselftertyd ook elegant en jeugdig lyk. Ek en my ontwerper het toe op hierdie asemrowende, skitterende donkerblou rok besluit! Hierdie rok weerspieël my persoonlikheid en pas by my styl! Hierdie rok is voorwaar die matriekafskeidrok van my drome!
