Kate-Lynn Molnar

Kate-Lynn Molnar Kate-Lynn Molnar Kate-Lynn Molnar

Ouderdom

19 Jaar

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Martie Du Plessis - Bloemfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Elke klein dogtertjie droom op ’n stadium daarvan om eendag soos ’n prinses te voel. Dit was nog altyd ook my droom. Ek het op Grace Mondlana se TikTok-blad gesien dat sy matrikulante regoor die land wil bederf deur rokke aan hulle te skenk. Van die eerste oomblik af het hierdie spesifieke rok my oog gevang. Dit was nie net die pragtige kleur wat my aangetrek het nie, maar die hele ontwerp. Dit is ’n tipiese prinsesrok – groot, opvallend, helder en blink! Ek het ’n ander rokkie gehad, maar hierdie een was die rok waarvan my hart gedroom het. Grace het my toe gekontak en vir my gesê dat ek wel my droomrok by my matriekafskeid sou kon dra. Sy het die rok spesiaal vir my aangestuur. Van die oomblik dat ek die rok die eerste keer gesien het, het ek geweet: dit is my absolute droomprinsesrok!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media