Marlandi Barnard
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie van my matriekafskeidrok was om iets te skep wat uniek, elegant en eie aan myself is. Ek wou iets hê wat anders is as die gewoon, maar steeds tydloos en modern is. My rok is ń verlengstuk van my persoonlikheid en die klein dogtertjie wat ek eens was wat gedroom het van sprokiesrokke.
My ontwerper, Antoinette Martens, het hierdie dogtertjie se drome bewaarheid met elke stiksel en strikkie wat ń weerspieëling is van haar talent. Dit is vir my besonders dat dieselfde ontwerper wat deur die jare soveel van my kinderdrome help vorm het, nou ook deel is van hierdie groot mylpaal. Elke strik vertel ń storie van sy eie - stories van grootword, groei en glimlagte. En iewers tussen al die strikkies skyn daar ń sonstraal - ń stukkie van die sonskyn, vreugde, en drome wat ek van kleins af saam met my dra.
Uiteindelik is hierdie rok nie net ń ontwerp nie - dit is ń stukkie van my kinderdrome wat saam met my grootgeword het.
