Kiana Greyling
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok het eintlik al in Graad 8 begin, met ’n droom wat ek van kleins af koester.Ek het nog altyd geweet die is my kleur, en my grootste droom was om eendag iets besonders te dra – iets mooi, uniek en elegant, met ’n sagte skittering.
Maar my storie begin nie by die rok nie. Dit begin by ’n meisie wat 40 kg gewig verloor het, deur ’n reis van harde werk, deursettingsvermoë en persoonlike groei. ’n Reis wat my op soveel maniere verander het.
Ek het saam met Anel Botha aan hierdie droom begin bou, met die wete dat ek nie net mooi wou voel nie, maar ook trots wou wees op die meisie wat ek geword het en my storie deur die rok wou vertel.Vir my simboliseer hierdie rok soveel meer as net ’n matriekafskeidrok – dit is die simbool van ’n droom wat jare lank in my hart leef, en ’n herinnering aan hoe ver ek gekom het.
’n Droom wat uiteindelik ’n werklikheid geword het.
