Uné Steenkamp

Uné Steenkamp Uné Steenkamp Uné Steenkamp

Ouderdom

17

Tuisdorp

Potchefstroom

Skool en dorp/stad van skool

Hoër Volkskool Potchefstroom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af was my matriekafskeid iets waarna ek uitgesien het – maar veral my rok. Reeds in Graad 7 het ek begin droom en inspirasie versamel vir die rok wat eendag myne sou wees.

Toe my matriekjaar uiteindelik aanbreek, het ek besluit om van voor af te begin en ’n rok te skep wat werklik nét ek is.

Met ’n paar inspirasiefoto’s is ek na Leo Validus. Elke foto het iets bevat waarvan ek gehou het – ’n besonderse detail, ’n mooi silhoeët of ’n unieke element. Saam het ons hierdie idees omskep in my droomrok.

Die rok is ontwerp, geskets, aangepas en met ongelooflike sorg en aandag aan detail gemaak, tot by die fyn kralewerk (beading) wat met die hand aangebring is. Met elke passing het my opgewondenheid gegroei. Selfs voordat die rok sy finale kleur gekry het, kon ek reeds sien hoe my droom voor my oë ’n werklikheid word.

Ek het ook baie aandag gegee aan my haarstyl, grimering en naels, sodat alles perfek bymekaar sou pas. Toe alles op die groot aand saamkom, was die eindresultaat nóg mooier as wat ek ooit kon droom en het dit al my verwagtinge oortref.

My inspirasie was eenvoudig: ek wou vir een aand soos ’n prinses voel en lyk.

Toe ek uiteindelik my finale rok aantrek, het ek met trane in my oë geweet: dit is alles waarvan ek gedroom het – en selfs meer.

Ek is steeds verlief op my rok en wens ek kon dit elke naweek aantrek! Gelukkig kan Leo Validus dit later weer omskep in ’n nuwe, elegante rok wat ek by toekomstige spesiale geleenthede kan dra.

Dit was nie net my droomrok nie. Dit was my persoonlikheid, my drome en my individualiteit, alles saamgevat in een voorkoms.

Dit was ek.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media