Bea Van der Walt
Ouderdom
18
Tuisdorp
Johannesburg
Skool en dorp/stad van skool
Helpmekaar
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My ma se vriendin het in januarie by ons gekuier van Australie af. Ons besluit toe sommer een sondag om te gaan rokke aanpas. Hierdie was letterlik die eerste rok wat ek aangepas het! Toe ek uit die aanpaskamers kom, het ek, my ma en haar vriendin al drie in trane uitgebars en net geweet - hierdie is die Rok!! Ek het soos 'n prinses in die rok gevoel. Ek het nadat ons ingestap het, my hoe hakke verruil vir 'n paar sneakers wat ek custom design het. Kleure gekies en selfs agterop MX26 op laat sit.
