Chloe Odendaal
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Wonderboom, Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir die rok was ’n supernova. Die swart tulle met blinkers stel die middernag-hemelruim vol sterre voor, terwyl die pofmoue deur die Viktoriaanse- era geïnspireer is.
As ’n geheel verteenwoordig die wye ballgown die 80's bling, donker koninklikheid en die ontploffing van lig in die duisternis van die hemelruim.
