Kayla Kruger
Ouderdom
18
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Transvalia Vanderbijlpark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok verteenwoordig vir my meer as net ’n rok vir ’n spesiale geleentheid om ’n hoofstuk af te sluit.
Dit verteenwoordig ’n kinderdroom wat uiteindelik ’n werklikheid geword het.
Ysblou was nog altyd my gunstelingkleur, omdat dit vir my ’n gevoel van veiligheid, ligtheid en rustigheid bring. Ek wou hê my rok moes hierdie gevoelens weerspieël: sag en dromerig, maar terselfdertyd elegant en besonders.
Die sagte blou skakering het my laat voel asof ek vir ’n oomblik uit die gewone wêreld tree en in my eie sprokiesverhaal verdwyn. Die rok het my nie net soos ’n prinses laat voel nie, maar soos ’n geliefde kind van die Here.
