Alicia Cawood
Ouderdom
18
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Driehoek,Vanderbijlpark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vir my is hierdie rok meer as net ’n matriekafskeidrok; dit verteenwoordig wie ek is en ’n droom wat ek al van kleins af koester. Ligte pienk was nog altyd my gunsteling kleur en simboliseer vir my sagtheid en vroulikheid. Ek is van nature ’n eerder teruggetrokke persoon, maar wou vir hierdie spesiale aand iets dra wat my laat uitstaan en my soos ’n prinses laat voel. Dit herinner my daaraan dat ’n mens stil kan wees, maar steeds op jou eie manier ’n groot indruk kan maak.
