Carné Stapelberg
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou 'n rok hê waarin ek steeds soos ek voel - elegant en vroulik, maar ook sterk en selfversekerd. Ek hou baie van klassieke elemente soos pêrels, maar wou dit op 'n moderne en unieke manier gebruik. Ek en my pa het die ontwerp saam ontwikkel, en dit het die rok vir my nog meer besonders gemaak. Die diep wynkleur, oop rug en vloeiende sty! het uiteindelik presies geword wat ek in gedagte gehad het: iets tydloos, maar steeds 'n bietjie anders. Eunice is bekend vir hul ryk pêrel tradisie waar elke matriek dame 'n stel pêrel oorbelle aan die begin van die jaar ontvang, asook 'n pêrel ring saam met ons matriekafskeid uitnodigings en dan ook 'n pêrelhangertjie as vaarwel geskenk ons die versameling te voltooi en dit het beslis bygedra tot my ontwerp.
