Corlise Potgieter
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Dit is moeilik om my inspirasie presies te bewoord. My intensie vir die rok was om hoe ek voel aan die binnekant -- "joyful," lig en "at peace" -- vas te vang. Ek is ook verskriklik lief vir die natuur, so iets letterlik natuurlik moes ook deel wees van die rok. Een van die inspirasie foto's (waarvan daar baie was, want ek het dit baie geniet om navorsing te doen oor wat reeds bestaan en vir my kon werk) se naam was "Water Lily" en die idee van 'n sagte, pastel lellie het belis my visie deurlopend gedryf. 'n Laaste faktor wat bygedra het tot my inspirasie is ook dat my pa my altyd sy "prinses" noem. Ek wou soos 'n prinses lyk, maar nie 'n uitspattige prinses nie, liewers net 'n prinses van die woud in haar tuin waarin sy ure kon spandeer, en 'n prinses van die kasteel wat haar warm huis is, waar haar ouers en hond altyd vir haar wag en ondersteun.
