Reina Swart
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het n idee gehad en ek het nog nooit so iets gesien nie. Daar was nie een enkele foto wat my idee geillistreer het nie. My skildenaar ouma het vir my n pop geteken en ek het met sketse my idees op papier vasgelê. My ander ouma wat al vir jare naaldwerk doen, het my met haar wysheid bygestaan. En tóé het my ma hierdie prentjie, wat net n idee was omskep in ‘n realiteit. My ma het nie elke stap presies geweet hoe om dit te doen nie, maar in haar slapelose nagte het sy geworstel tot alles perfek was. Geen ander ontwerper sou my rok presiese kon maak hoe ek dit wou gehad het nie, want ek het nie alles geweet nie ek en my ma het soos ons gegaan het besluite gemaak oor waarvan ons hou. Die hele proses was net asemrowend en ongelooflik spesiaal. Die liefde en persoonlikheid in die rok is so kosbaar en mens kan nie n prys daar aan heg nie. My rok het betekenis en diepte, ek het gevoel soos Josef en ek sing saam Dolly “My coat of many colours” want hierdie kleurvolle rok is presies dit vir my.
My rok is letterlik n klomp idees van mense wat baie lief is vir mekaar wat bymekaar gekom het en n realiteit geword het. My rok is nie net n rok nie, die rok hoort in n kunsgallerei
