Elmine Kriel

Elmine Kriel Elmine Kriel Elmine Kriel

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die hele idee wat ek vir my rok gehad het, was om dit so asimmetries as moontlik te maak. Elke laag tulle van my rok het ongeveer drie verskillende skakerings van mintgroen bevat om die presiese kleur te skep wat ek wou hê.

Om my rok natuurlike en ongeforseerde valle te gee, wat lyk asof dit vanself val, het ek en Carike Nel elke laag aanvanklik as een soliede laag gehou. Daarna het ons elke laag onreëlmatig met ’n skêr gesny, sodat elke deel anders lyk en op verskillende hoogtes val.

My gunstelingdeel van my rok is verseker die gladde satyntoppie wat by my heup in ’n punt bymekaarkom en die groot valle van my rok komplimenteer.

Wat my rok vir my mooi gemaak het, is dat dit nie uit egalige, perfek afgeronde valle bestaan het wat presies dieselfde afstand van mekaar af was nie. Elke deel het reg rondom anders gelyk en die rok ’n abstrakte voorkoms gegee.

Die volmaaktheid van my rok het juis daarin gelê dat nie elke deel presies perfek was nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media