Mia van Pletzen

Mia van Pletzen Mia van Pletzen Mia van Pletzen

Ouderdom

18

Tuisdorp

Roodepoort

Skool en dorp/stad van skool

Leeuwenhof Akademie Bedfordview Johannesburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok se storie het eintlik al begin toe ek nog ’n klein dogtertjie was. Ek onthou hoe ek en my ma saam op Pinterest deur pragtige rokke geblaai en gedroom het oor die dag wanneer ek my eie matriekafskeidrok sou kon dra. Eendag het ons op ’n rok afgekom wat my hart gesteel het. Dit was vol kleurvolle blommetjies en het gelyk soos iets wat ’n feetjie in ’n sprokiesverhaal sou dra. Ek was absoluut verlief op daardie rok, en sonder dat ek dit toe besef het, het daardie prentjie vir jare in my hart gebly.

Aan die einde van verlede jaar het die tyd uiteindelik aangebreek om my eie matriekafskeidrok te begin soek. Ons het reeds ’n oulike boetiek geken wat ons met ’n vorige matriekafskeid gehelp het. Terwyl ons deur haar webblad geblaai het, het ek skielik hierdie rok raakgesien. Dit het dadelik my aandag getrek! Dit het my só baie herinner aan daardie rok waaroor ek as klein dogtertjie gedroom het. Dit was asof alles op daardie oomblik net bymekaargekom het.

Die sagte groen kleur, pienk blommetjies en vloeiende materiaal was presies wat ek nog altyd in my gedagtes gehad het. Toe ek die rok aantrek, het ek nie net mooi gevoel nie, maar regtig soos ’n feetjie uit my eie sprokiesverhaal.

Wat die hele ervaring nóg meer spesiaal gemaak het, was my fotograaf wat die sprokiesverhaaltema so perfek vasgevang het. Elke foto het daardie dromerige, magiese gevoel uitgebeeld wat ek van kleins af voorgestel het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media