Dané Scholtz
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het van die begin af 'n baie spesifieke idee gehad van hoe my matriekafskeidrok moes lyk, maar om dit in woorde of 'n ontwerp om te sit, was nie so maklik nie en my tyd was min.
In Stellenbosch het ek toe heeltemal onverwags by Lara Louise se boetiek op dié rok afgekom. Ek was onmiddellik verlief! Met die eerste aanpas het dit gevoel asof die rok spesiaal vir my gemaak is.
Die rok het 'n romantiese, tydlose Franse karakter, met 'n strapless, noupassende lyfie en 'n sagte, vloeiende romp. Die besondere Franse Toile de Jouy-materiaal, met sy klassieke blou illustrasies op 'n roomkleurige agtergrond, beeld tradisionele Franse tonele uit – landskappe. Dit gee die rok 'n nostalgiese, amper sprokiesagtige gevoel.
Vir my is dit die perfekte kombinasie van oud en nuut, klassiek, vroulik en uniek. Ná al die maande se soek het ek besef dat die perfekte rok soms nie gevind word waar en wanneer jy dit verwag nie.
