Janike Viljoen

Janike Viljoen Janike Viljoen Janike Viljoen

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Die Hoërskool Menlopark (Pretoria)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek dra sonskyn waar ek gaan.
My matriekafskeidrok was nooit net ’n rok nie.
Dit was ’n journey van drome, onsekerheid, veranderde planne en uiteindelik ’n geel rok wat my hart van die eerste oomblik af gesteel het.
Geel was nog altyd my kleur en daarom het ek van graad 8 af geweet, ek moet eendag ’n geel rok dra vir my matriekafskeid.

Ek het aan die begin van die jaar Jennifer Lopez se Halftime-dokumentêr gekyk en dit het my geïnspireer om nie net ’n geel rok te dra nie maar veel meer. Wat my die meeste geïnspireer het, is die selfvertroue waarmee sy haarself dra en hoe sy mode gebruik om haar persoonlikheid uit te druk. Haar glansryke, sprankelende voorkoms het my herinner dat ’n rok meer kan wees as net iets wat jy aantrek, dit kan ’n storie vertel terwyl dit jou nog selfversekerd en spesiaal laat voel.

Toe ek my rok aangetrek het, het ek geweet dit is DIE geel rok. Die rok wat my sprankelende persoonlikheid uitstraal en my selfversekerd laat voel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media