Esri Le Grange
Ouderdom
18 jaar
Tuisdorp
Sondagsrivier
Skool en dorp/stad van skool
Brandwag Hoërskool Uitenhage Oos Kaap
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter die rok, was beslis gedryf deur uniekheid en gemak. Die enigste onveranderlike waarmee ons gewerk het, was dat die rok, blou en groen moes wees, want dit is haar gunsteling kleure. Blou kan seker gemoitveer word deur ‘n stukkie nostalgie omdat mamma Rita se rok ook blou was, Mamma Rita en haar ouma het ook saam haar rok gemaak want Mamma Rita se mamma is oorlede is toe sy nog baie jonk was. dit was amper so stukkie tradisie wat voortgesit word -Die vrouens wat saamstaan- Ons wou iets skep wat gemaklik, treffend en tydloos sal wees.
Ek wou Esri se rok maak, omdat ek weet my eie mamma sou dit so graag vir my wou doen, en daardie voorreg was haar nooit beskore nie. Dis 'n spesiale Ma en dogter band.
