Miana Fourie
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bultfontein
Skool en dorp/stad van skool
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje Bloemfontein
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek kom van 'n klein dorpie maar ek het groot drome. My rok was 'n droom wat ek vir vyf jaar gehad het. Ek kon uiteindelik in my matriekjaar my droom in 'n realiteit verander. Ek het kleintyd drome van 'n Vogue voorblad oomblik en om 'n model te wees vir 'n fotosessie. Ek het fyn beplan om hierdie droom te laat realiseer by my matriekafskeid. Ek het baie lank deur Pinterest geblaai opsoek na die perfekte prentjie maar was nooit tevrede nie. Om die finale ontwerp vas te pen was 'n uitdaging asook om my visie met die ontwerper te deel. Ek het in myself getwyfel oor my finale keuse maar deur die ontwerp proses het ek geleer om myself te vertrou. Ek is baie dankbaar vir 'n ontwerper wat met baie geduld die pad saam met my gestap het.
