Henmari Moyles
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af was ek mal oor Barbie en haar pragtige pienk rokke.
Toe dit tyd geword het om materiaal vir my rok te kies, het ek dadelik verlief geraak op hierdie spesifieke skakering van pienk. Ek het dadelik geweet ek wil ’n matriekafskeidrok hê waarin ek steeds soos myself voel.
Ek het die geleentheid aangegryp om my droomrok ’n werklikheid te maak met behulp van my briljante ontwerpster, tannie Annette Liebenberg.
Die sagte pienk kleur, opeenvolgende lae, fyn kraletjies en blommetjies het presies die sprokiesagtige voorkoms geskep waarvan ek nog altyd gedroom het.
Die sagte pienk kleur weerspieël my sagte, vroulike persoonlikheid.
My rok simboliseer iets van daardie klein dogtertjie se Barbie-droom, maar ook ’n metamorfose van die groei van ’n klein dogtertjie tot ’n jong vrou. Dit is asof ek ’n stukkie van my kinderdae saam met my neem terwyl ek ’n nuwe hoofstuk van my lewe betree.
