Maxzelle Erasmus
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My droomrok het begin met ’n mode-obsessie, ’n druppel bloed en ’n idee wat niemand uit my kop kon praat nie!
Drie jaar gelede kyk ek doodonskuldig Dubai Bling, toe een van die vroue instap met ’n rok wat my hele matriekafskeid sommer daar en dan besluit het. Ek neem ’n foto, spoor die rok op Pinterest op en raak verlief. Net een probleempie … die rok was TURKOOIS!
En ek? Ek wou BLOEDROOI hê! Maar nie daardie gewone poskantoorrooi nie. Ek was vasberade op een baie spesifieke skakering!
My inspirasie? Cruella. Daardie ikoniese toneel waar die Baroness vir Estella per ongeluk met ’n speld steek, die bloed sien en uitroep: “Fabrics! Can you get me a red like that?”
DIT! PRESIES DAARDIE ROOI!
En dan was daar nóg iets waaroor ek absoluut vasbeslote was: EK WOU ’N ROK HÊ WAT LYK ASOF DIE ROK LEWE! Nie net een wat mooi lyk wanneer ek stilstaan nie, maar een wat asemhaal wanneer ek beweeg, wat saam met die wind dans en amper sy eie persoonlikheid het!
Vir drie jaar het geen ander rok eens ’n kans gestaan nie. Tot ChatGPT uiteindelik my turkoois Pinterest-droom in daardie diep bloedrooi kon verander.
En skielik was die prentjie in my kop ’n werklikheid!
Ek wou nie net ’n rok dra nie. Ek wou hê my rok moes LEWE!
