Cassidy Capes
Ouderdom
18
Tuisdorp
Caledon
Skool en dorp/stad van skool
Hermanus
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur Aquamarine, my gunsteling film as kind. Wat eens net ’n kinderdae-droom was, het my ma self gehelp om in ’n werklikheid te omskep. Die groen en wit ombre-skakerings weerspieël die vloeiende kleure van die see, terwyl die skulpe die onderwaterwêreld van die fliek tot lewe bring. Elke detail is gekies om ’n stukkie van daardie betowerende wêreld vas te vang. Vir my is hierdie rok meer as net ’n matriekafskeidrok. Dit is ’n stukkie van my kinderjare en ’n weerspieëling van my verhouding met my ma, iets wat ek vir een spesiale aand kon dra, maar vir altyd sal koester.
