Zoë Shaw
Ouderdom
18
Tuisdorp
Alberton
Skool en dorp/stad van skool
Helpmekaar Kollege Johannesburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My grootste inspirasie was ’n droom wat ek al van kleins af gehad het om eendag soos ’n prinses in ’n pragtige balrok te voel. Ek wou hê my rok moes iets besonders wees en ’n herinnering skep wat ek vir altyd sal koester. Rooi was my kleurkeuse omdat ek iets wou hê wat selfvertroue en elegansie uitstraal en my matriekafskeid onvergeetlik sou maak.
