Bea-mari Ackerman

Bea-mari Ackerman Bea-mari Ackerman Bea-mari Ackerman

Ouderdom

18 jaar

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Schoonspruit Klerksdorp

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet dat ek ’n rok wou hê wat uniek en kleurvol is, iets wat my persoonlikheid weerspieël en my anders laat voel. My rok was deur ’n cupcake geïnspireer… Ek grap! Baie mense het egter gesê dat ek wel soos een gelyk het!
Die ware inspirasie agter my rok was die reënboog, wat vir my simboliseer dat ’n mens mooi kan lyk en jouself kan uitdruk deur meer as een kleur te dra. Pastelkleure was vir my die vanselfsprekende keuse, omdat dit by my persoonlikheid pas en ek baie lief is vir sagte, dromerige kleure.
Ek het ook besluit om blomme en skoenlappers by die ontwerp in te sluit. Vir my simboliseer die blomme en skoenlappers groei, verandering en die verskillende fases waardeur ’n mens in die lewe gaan. Net soos ’n blom groei en ’n skoenlapper verander, ontwikkel ons ook voortdurend as mense.
My rok is dus nie net ’n kleurvolle ontwerp nie, maar vertel ook ’n storie van wie ek is, hoe ek groei en hoe mooi dit is om jou eie uniekheid te omhels.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media