Kayla Cornelius
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van die oomblik af wat ek by Matriekafskeid ingestap het, hoor ek net hoe mooi almal my PERS rok gevind het. As almal net kon weet hoe lank dit gevat het om op ń kleur te besluit…
Ek het lank gesukkel om op ’n kleur te besluit. Ek dink my ma was op daardie stadium net een “strike” weg daarvan om namens my ’n kleur te kies en die hele storie agter die rug te kry. Na weke se besluiteloosheid vra ek toe my 13-jarige broer vir raad. Sy antwoord? “Pers.” Sy gunstelingkleur, en dalk die beste raad wat hy nog ooit vir my gegee het!
Ek sou NOOIT in ’n miljoen jaar self op ’n two-piece besluit het nie, maar toe ek dit aantrek en sien hoe mooi dit pas, het ek net gedink, “Ag ja wat, ons los dit NET so!” En dit was dit. Geen omdraaikans nie.
Die rok kom toe van Gauteng af Kaap toe, net om te ontdek dat dit te lank is. My buurvrou moes dit die oggend van Matriekafskeid kom regmaak terwyl ek my hare laat doen het. Want natuurlik het ons nog ’n bietjie drama nodig gehad!
Maar op die ou einde het alles perfek uitgewerk. My matriekafskeid was absoluut perfek, en ek is SO bly dat ek uiteindelik op PERS besluit het.
Wie sou nou kon raai dat ’n 13-jarige se gunstelingkleur, ’n ma wat amper moed opgegee het, ’n rok wat van Gauteng af kom en laaste-minuut rok verstellings die aand so perfek kon maak?
Die beste deel? Selfs weke na Matriekafskeid praat mense nogsteeds oor “Die Pers Rok”
