Marlie Janse van Vuuren

Marlie Janse van Vuuren Marlie Janse van Vuuren Marlie Janse van Vuuren

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool en dorp/stad van skool

Die Hoërskool Wonderboom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek moet eerlik wees: Van kleins af het ek myself altyd in ’n glansende smaraggroen rok vir my matriekafskeid voorgestel, ek was net nie 100% seker van die styl nie. Maar toe my oog hiérdie rok vang was al my vorige idees by die deur uit en geen groen sou hierdie rok so betowerend laat vertoon het soos die rooi nie.Indien ek enige onsekerheid gehad het hieroor het alles verdwyn die oomlik wat ek die rok vir die eerste keer aangetrek het! Hiérdie was my perfekte matriekafskeid rok!Die kersie op die koek was beslis die Pêrel bandjies, want pêrels was nog altyd vir my besonders mooi, en dit is een van my gunsteling juwele om te dra.Dan is daar die pragtige fyn blommetjies patrone op die styfpassende voorkant van die rok met 'n opvallende kant voor en teen die kant van my rok afgeborduur. Blomme maak dinge altyd mooier, maak ’n geleentheid nog meer spesiaal en voeg daardie ekstra tikkie elegansie by. Om hierdie besonderse detail op my rok te kon hê, het my daardie aand nóg mooier en meer spesiaal laat voel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media